Quantcast
Channel: Skoonmaakwenke – Goeie Huishouding
Viewing all 52 articles
Browse latest View live

11 geheime van uiters netjiese mense

$
0
0
cleaning_5.4_sally

 

As jy al ooit gewonder het of jou superskoon en georganiseerde vriendin magiese kragte het wat haar help om haar huis piekfyn te hou, is die antwoord … soort van. Nadat ons met mense gepraat het wat bekend is as van die netjieste in die wêreld, het ons uitgevind dis eintlik nie so moeilik nie – as jy net van hul beste truuks ken.

1. Hulle gebruik sonlig tot hul voordeel.

“Enige tyd wat sonlig teen ’n hoek in jou huis inkom, sal stof, veral op horisontale oppervlakke, sigbaar wees,” sê die huisskoonmaker Anda Tanaka. Hoe meer stof jy op koffietafels, rakke en toonbanke kan sien, hoe minder sal jy mis. En wanneer jy nie regstreekse sonlig het nie, kan jy verskillende projekte takel. “Wanneer jy skoon, blink oppervlakke soos glas of spieëls skoonmaak, skakel die ligte in die vertrek af en merke en vlekke sal makliker sigbaar wees,” sê Tanaka.

2. Hulle het ’n opgegaarde voorraad mikrovesellappe.

Almal met wie ons gepraat het, glo vas in mikrovesellappe om mee af te stof. “Die vesels in die lap is gesplits met oop hoeke aan die punt om stof op te tel en in die lap te hou,” sê die huisskoonmaakkenner Debra Johnson. Dié lappe is so doeltreffend dat jy nie eens chemikalieë of ander produkte hoef te gebruik nie, voeg sy by. “As daar kringe op ’n oppervlak is, kan die lap met ’n bietjie water klam gemaak word.”

3. Hulle gooi nooit ’n kredietkaart weg nie.

Ja, selfs kaarte wat jy nie meer kan gebruik om mee aankope te doen nie. “Dis goed om ’n ou kredietkaart byderhand te hê om  daardie moeilik bereikbare plekke by te kom – waar die rand van die wasbak en die toonbank bymekaar kom, die ruimte tussen die stoof en die werkoppervlak, die rand van wasbakke se afvoerpype, ensovoorts,” sê Tanaka. Was dit net met warm water en seep sodat jy dit weer in jou volgende skropsessie kan gebruik.

4. Hulle bêre goed vertikaal.

Om die bêreplek wat jy het beter te benut, maar te keer dat goed omval, het Janine Adams (die blogger agter Peace of Mind Organizing) ’n truuk: “Om goed in ’n houer regop te laat staan, eerder as om dit plat neer te lê, maak dit makliker bereikbaar,” sê sy. Dit werk met T-hemde, besigheidskaartjies, notaboeke, bakplate, lintrolle en veel meer.

5. Hulle tel troeterdierhare met ’n golwende handbeweging op.

Moenie sukkel met pluisrollers of groot stofsuiers nie. Jill Nystul van One Good Thing by Jillee het ’n eenvoudige dog doeltreffende werktuig om troeteldierhare op te tel: ’n rubberhandskoen. Trek een aan en vee jou hand oor meubels, die mat of harde hout. Wollie se hare sal daaraan vaskleef.

6. Hulle kombineer huistake met bestaande gewoontes.

Die beste manier om skoonmaak ’n daaglikse gewoonte te maak: Kombineer dit met iets wat jy reeds doen, stel Adams voor. “Ek vee die vaste toebehore in my badkamer elke oggend af nadat ek my tande geborsel het,” sê sy. Sy skakel ook haar skottelgoedwasser aan voordat sy gaan slaap en pak dit uit terwyl sy soggens koffie maak.

7. Hulle pak elke oggend hul klere weg.

Jy weet daardie stoel in jou slaapkamer wat alewig vol klere is? Blykbaar is dit nie so ’n slegte ding nie. Bridget Bodoano, skrywer van A Spotless Home, sê omdat liggame sweet en reuke produseer, is dit ’n goeie idee om dit nie dadelik aan die einde van die dag terug in jou kas te pak nie. Hang kledingstukke wat jy die dag gedra het oor die agterkant van ’n stoel en plaas dit dan die volgende oggend terug in jou kas of die wasgoedmandjie.

8. Hulle laat hul trappe harder werk.

“Ons woon in ’n dubbelverdieping huis en om te keer dat ek regdeur die dag op en af met die trappe moet loop, het ek vier mandjies op die trappe geplaas,” sê Megan Ardoin van Honey We’re Home. Elke mandjie is gemerk met die naam van ’n lid van die gesin of ’n vertrek. “Ons plaas deur die dag misplaaste artikels in die aangewese mandjies en maak dit dan saans leeg.”

9. Hulle herken ’n goeie mandjie wanneer hulle dit sien.

“Draadmandjies is nou baie gewild, maar ek is nie mal daaroor nie,” sê Anna Moseley, die kenner agter Ask Anna Moseley. “Artikels val te maklik uit en wanneer jy alles in die mandjies kan sien, lyk dit deurmekaar.” Moseley verkies mandjies van natuurlike vesel vir haar spens en woonkamer en metaalhouers om artikels onder die wasbak te organiseer – verkieslik houers met handvatsels sodat jy dit maklik kan ronddra.

10. Hulle verf hul mure met ’n doel.

Mure raak stowwerig – en hoe donkerder die verfkleur, hoe meer wys die stof. Kies ’n kleur wat lig en lugtig is om die stof te help verdoesel. Becky Rapinchuk van Clean Mama hou van grys-beige. “Dit lyk goed in enige lig, wys nie vingermerke nie en is donker genoeg om ’n bietjie kontras met wit of houtafwerkings te toon.”

11. Hulle kry dit net gedoen.

Nee, om uiters skoon te leef beteken nie jy hou altyd daarvan om skoon te maak nie. Maar dis gewoonlik beter om net te begin. “Ek hou daarvan om die meester groter en minder aangename take soggens te verrig sodat ek nie heeldag daaraan dink nie,” sê Jennifer Lifford, die blogger agter Clean and Scentsible.

Van: Good Housekeeping US

The post 11 geheime van uiters netjiese mense appeared first on Goeie Huishouding.


Hoe om die rookreuk ná ’n braai uit klere te kry

$
0
0
braai

Ja, gebraaide tjops en boerewors is heerlik, maar ons kan nooit wegkom van die rookreuk wat aan ons klere kleef nadat ons by een van Suid-Afrika se geliefkoosde sosiale byeenkomste was nie.

Wat kan ons doen om so gou as moontlik daarvan ontslae te raak? Ons het die reinigingskenners by die Good Housekeeping Institute in Brittanje ’n paar wenke gevra.

Voordat jy dit in die wasmasjien sit …
Sprinkel koeksodae oor die klere met die braaivleisreuk. Los dit oornag, skud die koeksoda af en was soos gewoonlik.

Gedurende die was …
Was klere soos gewoonlik in die wasmasjien, maar voeg ’n koppie witasyn by die waswater.

As jy nie kan was nie …
Laat dit vir ’n paar uur in die vars lug hang om dit natuurlik lug te gee.

As jy haastig is …
Spuit met ’n reukweermiddel – jy sal dit waarskynlik ’n paar keer moet doen.

Onthou net om op die etiket te kyk voordat jy jou klere op enige manier behandel.

 

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

The post Hoe om die rookreuk ná ’n braai uit klere te kry appeared first on Goeie Huishouding.

Dinge wat jy moet begin skoonmaak wanneer jy kinders het

$
0
0
things you have to start cleaning when you have kids_afr&eng_madge

Eens op ’n tyd het ek nie kinders gehad nie. Toe ek skoongemaak het, het ek net my eie gemors skoongemaak. Die grootste deel van my werk was baie basies waarvoor geen bisarre verduidelikings nodig was nie – en toe word ek ’n ma. Die afgelope 14 jaar het ek gewoond geraak om my kop na die kant te kantel wanneer ek probeer identifiseer wat die oorspring van die gemors voor my is – en hier is van die grootste skoonmaakverrassings wat ek sedert moederskap teengekom het:

1. Nimmereindigende hope wasgoed

Pasgeborenes kan nie loop, praat of omrol nie, maar hulle kan ’n groot gemors maak. Ek kon nooit verstaan hoekom mense met babas kla oor belaglike hoeveelhede ekstra wasgoed nie omdat ek nie besef het dat hierdie klein mensies verskeie kere per dag ’n enorme gemors maak wat uitrustings ruïneer nie. En hulle verwoes nie net hul eie uitrustings nie. My eie klere was ook elke dag vol kwyl, snot, braaksel of iets ergers.

2. Urinebesproeide kinderkamermure

Ek het dit as ’n lenteskoonmaaktaak beskou om mure te was (nie dat ek dit ooit gedoen het nie). Met babaseuns word dit ’n gereelde taak elke keer dat jy nie vinnig genoeg ’n nuwe doek in posisie kry nie. Wie sou kon raai dat urine so hoog skiet dat ’n mens ’n leer nodig het om die muur skoon te maak?

3. Geheimsinnige smeermerke op glasvensters

Namate kinders groei, verander die gemors wat hulle maak. Die dae is verby dat ek sukkel met vingermerke langs deurhandvatsels. Ek het geleer om af te kyk. Op kniehoogte was ons glasdeure (en enige bereikbare vensters) vol handafdrukke en kwylerige soentjies.

4. ’n Gemors wat in kos verander

Die eerste reël om te onthou wanneer jy ’n peuter het: Maak dit skoon voordat hy dit eet. Dooie goggas op die vensterbank? Rosyntjie onder die rusbank? ’n Druppel roomys op ’n kasdeur? Goed wat ek voorheen aanhoudend uitgestel het om skoon te maak het ’n resies geword sodat ek nie in ’n vol mond vol verrassend skerp tande hoef te krap nie.

5. Kuns wat nie op die papier bly nie

Namate ons uit die peuterfase beweeg het, het die kinders se verbeelding gegroei – en hul gemors het hul ontluikende kreatiwiteit getoon. Lees: Speeldeeg in die mat en krytgekrabbel op die mure. En ons het jare lank geleef met die herverskyning van “stroopkuns” ná ontbyt wat my driejarige seun liefdevol op die woonkamermat gegooi het.

6. Mislukte pogings om Ma te help

Nadat ons een keer die badkamer geverf het, het ek terloops genoem dat ek ons toegeboude stoep wil verf. Ek was verras (lees: met afgryse vervul) toe ek uitvind die kinders het besluit om my te “help”. Blykbaar was al wat hulle nodig gehad het om te kyk hoe ek dit doen! Die gedagte was seker oulik, maar ek het nie ’n krabbelmotief vir daardie vertrek beplan nie.

7. Blou spinnerakke wat nie wil weggaan nie

Toe die kinders eers op skool was, was hulle gereed vir cooler speelgoed. Ek het nie dadelik uitgestres toe my seun onmiddellik blou spinnerakke van Silly String uit die Spiderman-speelding skiet wat hy op sy verjaardag oopgemaak het nie, want ek het aangeneem ek sou dit van die plafon kon afvee soos ’n mens met ’n regte spinnerak maak. Agt jaar later vra mense steeds wat daardie blou goed op my plafon is.

8. Speelgoed met piepklein stukkies

Toe hulle verby die ouderdom was waar speelgoed kleiner as jou mond verbode is, was dit ’n verligting. Dit het egter met ander uitdagings gekom, soos Lego’s die hele vloer vol (eina!) en Nerf-pyle onder elke enkele meubelstuk – en een keer selfs in die vrieskas.

9. Komberse van buitelugavonture

Ek was selfs meer verlig toe hulle hul konstante speelgoeddeurmekaarspul ontgroei het. Maar op een of ander manier het my huis nie wonderbaarlik skoongebly sonder daardie dinge nie. Onafhanklikheid het meer avonture beteken, soos om in die agterplaas te kampeer, wat komberse vol blare in my woonkamer beteken het. Nou beskou ek haartangetjies as noodsaaklike wasgoedgereedskap.

10. Die bodem van oornagsakke

Ná ’n week se kamp bring kinders allerhande verrassings huis toe, soos nat swembroeke wat saam met silwerskoon onderklere saamgebondel is. My raad? Was dit alles.

11. Meedoënlose tienerreuke

Veroorsaak ’n kind wat doodgelukkig met ’n videospeletjiekontrole en ’n basketbal is steeds ’n gemors? Ja. Beslis. Selfs al is daar nie so baie speelgoed deur die huis gestrooi nie, het ons nou te doen met daardie unieke uitdaging genaam tienerseunreuk. Soos in daardie babajare het ek daaraan gewoond geraak dat ek vir nou eenvoudig meer wasgoed moet was.

12. ’n Versteekte deurmekaarspul wat veronderstel om versteek te bly

Die grootste frustrasie van alles is my tienerseuns se totale gebrek aan bewustheid van my deurmekaarspul op die agtergrond van hul selfies! ’n Hoop wasgoed is nié ’n goeie agtergrond vir ’n lipsinkvideo nie. Selfs al sukkel ek op die oomblik met hierdie irriterende stryd, weet ek dat ek dit alles waarskynlik eendag sal mis.

Van: Good Housekeeping US

The post Dinge wat jy moet begin skoonmaak wanneer jy kinders het appeared first on Goeie Huishouding.

Hoe om jou braairooster binne 5 minute skoon te maak

$
0
0
Roasting sausages on  hot gril in summerl.

 

’n Impromptu-braai is die beste manier om ’n sonnige dag deur te bring op enige naweekdag, maar dis altyd ’n nagmerrie wanneer jy die rooster uithaal en besef dis nie so skoon as wat jy dit wil hê nie.

Lees hier hoe om die braai in vyf minute of minder skoon te maak:

1. Dis die beste om die braairooster skoon te maak nadat jy dit warm gemaak het. Op hierdie manier kan jy die vetterigheid en kosoorblyfsels maklik afskraap.

2. Gebruik ’n ui. Vryf ’n halwe gesnyde ui (aan die punt van ’n vurk) op ’n warm rooster. Dit sal al die aanbrandsels verwyder wat dalk op die rooster agtergebly het.

3. Voorkom roes. As jy verkies om jou rooster met seperige water te was nadat jy dit gebruik het, spoel dit af, maak dit onmiddellik droog en vryf kookolie oor die rooster. Dit sal roes keer.

4. Moenie water daarop gooi nie. Hoe verloklik dit ook al mag wees om die kole in ’n houtskoolbraai af te koel, dit kan ’n gemors veroorsaak as jy koue water oor die kole gooi nadat jy klaar gebraai het.

5. Gebruik bier. Giet ’n halwe bottel bier oor ’n verhitte braai en vryf dit dan met ’n koerant skoon.

6. En vir iets wat ’n bietjie langer neem … Maak ’n sagte pasta met koeksoda en water. Wend die pasta met ’n draadborsel aan die rooster aan en laat dit vir 15 minute droog word. Vee dit dan met ’n droë lap af en plaas die rooster oor die warm kole vir 15 minute om enige oorblyfsels af te brand voordat jy die kos daarop braai.

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

MEER: HOE OM DIE ROOKREUK UIT JOU KLERE TE KRY NÁ ’N BRAAI

The post Hoe om jou braairooster binne 5 minute skoon te maak appeared first on Goeie Huishouding.

Jou huis het hierdie een toestel nodig

$
0
0
Webv_Defy

Die Defy Washer Dryer sal jou nie net geld, tyd en ruimte spaar nie, maar sal ook so dol oor jou klere wees soos jy!

Minder is meer.

Dis ’n motto waarop op baie fashionistas volkome vertrou en dis ook die beginsel wat Defy se wasser-droër – hul eerste outo-wasser-en-tuimeldroërkombinasie – geïnspireer het. Hier is die redes hoekom ons dol daaroor is – en ons is seker jy sal ook wees:

  1. Dit spaar jou ruimte

Die Defy Washer Dryer is ’n 2-in-1-toestel wat die tradisionele wasmasjien en tuimeldroër vervang wat langs mekaar staan. Dis fantasties as jy min plek het of eenvoudig van die minimalistiese voorkoms hou.

  1. Dit spaar jou geld

Behalwe dat jy nie twee afsonderlike toestelle hoef te koop nie, is die Defy Washer Dryer energie- en waterdoeltreffend, wat beteken jy sal ook minder vir water en elektrisiteit betaal. Dit het die laagste waterverbruik vergeleke met sy mededingers en spog met ’n A-beoordeling vir energiedoeltreffendheid.

Dit bied ook verskeie innoverende eienskappe wat beter vir jou wasgoed én jou beursie is. Een van die eienskappe is AquaFusion™, ’n stelsel wat wasmiddel spaar, wat doeltreffender reiniging verseker en tot 20% aan wasmiddels bespaar.

  1. Dit spaar jou tyd

Die Defy Washer Dryer het ’n hele reeks programme, waaronder die Wash & Wear®-siklus, wat effens vuil klere vinnig sal was en droogmaak en jou kosbare tyd sal spaar.

  1. Dit spaar jou klere

Danksy die Woolmark Apparel Care-eienskap kan jy wolklere sagkens was sonder om dit te beskadig. En met Defy se 10-jaarwaarborg op die ProSmart Invertor Motor kan jy verseker wees dat jou klere vir jare goed sal lyk.

Defy-Webvert_GHKA

Kry die Defy Washer Dryer vir R8 999. Besoek www.defy.co.za vir nog inligting.

Hierdie artikel is deur Defy geborg.

The post Jou huis het hierdie een toestel nodig appeared first on Goeie Huishouding.

Jou maand van orde skep

$
0
0
cleaning-tips_afreng_14.7_yusrah

 

DAG 1

Skep ’n sentrale kennisgewingbord. Hang ’n swartbord in jou kom- buis op of skep een met swartbordverf teen jou muur of binne-in die deur van ’n kombuiskas. Dit is nuttig vir doenlyste, dagboekdatums en inkopielysies.

 

DAG 2

Takel die kas onder die wasbak. Plastiekmandjies is ideaal om skuurders en skoonmaakprodukte in te bêre. Sit ’n spantou op vir skoonmaakgereedskap soos lappe en borsels.

 

DAG 3

Gooi halfleë verpakkings weg. Bêre pasta, peule, rys en graankos eerder in houers en flesse.

 

DAG 4

Maak jou yskas netjies. Vee die rakke af, ont- dooi die yskas, gooi ou flesse blatjang of konfyt en sakke bevrore oorskietkos wat ouer as drie maande is weg. Maak die yskas meer funksioneel deur afskortings en houers
te gebruik.

 

DAG 5

Skep ’n nuwe tuiste vir skoonmaakprodukte. Hou die produkte wat jy gereeld gebruik in ’n gereedskapkis, emmer of drahouer sodat jy nie elke keer daarna hoef te soek nie. ’n Plastiekskoenrak wat aan die agterkant van ’n deur hang, is ook nuttig hiervoor.

 

DAG 6

Gebruik elke dag jou beste breekgoed, sê Marie Kondo, die koningin van orde skep. “Ek vra my kliënte om ontslae te raak van enige borde wat lukraak versamel is en om die breekgoed te gebruik wat gewoonlik vir spesiale geleenthede weggebêre word. Party is eers huiwerig en bang dat hulle dit sal breek, maar dan besef hulle hoe goed dit voel om elke dag iets waaroor hulle dol is te gebruik. Probeer dit – jy sal besef dat
jy nie so dikwels iets breek nie. Boonop sal dit die persoon wat dit vir jou gegee het gelukkiger maak as jy dit gebruik eerder as om dit in die boks te los.”

 

DAG 7

Skep meer ruimte op jou toonbanke. Monteer ’n sweefrak teen ’n muur en sit jou mikrogolfoond daarop om meer plek op die toonbank te skep.

 

DAG 8

Sorteer jou kombuisgereedskap. Raak ontslae van enige ongebruikte of gedupliseerde gereedskap en belê in afskortings om laaie netjies te hou.

 

DAG 9

Monteer hake aan alles. Monteer hake aan die kant van ’n kombuiseiland om vadoeke aan op te hang, in kaste vir panne en voedselverwerkerhegstukke en binne-in kasdeure om kombuisgereedskap op te hang.

 

DAG 10

Stel ’n huisgids op vir belangrike inligting soos noodnommers, aanwysings vir toestelle en waarborge van goed wat jy gekoop het.

 

DAG 11

Stapel jou skoene op. Plaas dit in deursigtige plastiekhouers
en pak dit in jou klerekas. Só kan jy jou gunstelingskoene maklik opspoor.

 

DAG 12

Orden jou bedkassie. Maak dit netjies en plaas ’n veelproppasstuk agter die bedkassie sodat jy jou toestelle buite sig kan laai.

 

DAG 13

Pak jou onderklere reg. Gebruik afskortings vir laaie om broekies, bra’s en sokkies te sorteer. Raak ontslae van onpaar sokkies of enige iets wat nie meer in ’n goeie toestand is nie.

 

DAG 14

Skep meer hangruimte. ’n Paar metaalhake aan jou klerekasreling is ideaal om handsakke en belde aan op te hang.

 

DAG 15

Maak die slaap- kamerstoel leeg. ’n Skoon, netjiese kamer sal help dat jy beter slaap. Pak alle klere wat rondlê weg en maak ’n gewoonte daarvan om alles op te hang of in die wasgoedmandjie te gooi.

 

DAG 16

Leer hierdie wenk by Kondo, wat haar klere origamistyl opvou: Rol broeke en sokkies
in netjiese bondels en pak opgevoude klere vertikaal om meer spasie te. “Maak al jou klere in elke hoek van jou huis bymekaar en pak dit alles op een hoop,” sê sy. “Doen dit vinnig en meganies soos ’n robot. Wanneer jy dink jy is klaar, kyk weer en vra jouself: Is dit werklik alles? Raak dan van enige iets ontslae wat jy dalk misgekyk het.”

 

DAG 17

Vandag is dit jou linnekas se beurt. Hou ’n maksimum van drie stelle lakens per bed sodat jy een op die bed, een in die was en een in die kas het. Bêre beddegoed netjies deur ’n paslaken, een kussingsloop en ’n bypassende duvetoortreksel in die tweede kussingsloop te sit. Dan is dit gereed om op die bed gebruik te word.

 

DAG 18

Orden kabels en laaiers. Bêre dié wat jy gereeld gebruik in ’n sak of mandjie, pak dié wat jy nie gereeld gebruik nie in ’n gemerkte houer en herwin die res.

 

DAG 19

Verdubbel jou hangplek. Sit ’n tweede reling halfpad ondertoe in jou klerekas op sodat broeke en rompe onder hemde en baadjies kan hang.

 

DAG 20

Raak seisoenaal. As jy dit nog nie gedoen het nie, verpak jou somerklere in vakuumbêresakke. Dit sal jou kledingstukke bakterie- en motvry hou totdat dit weer somer is.

 

DAG 21

Orden die hake in jou voorportaal. Jy sal tien teen een verras wees deur wat alles onder al daardie lae skuil. Baadjies neem baie plek in beslag – bêre dit dus weg as jy dit nie gereeld dra nie.

 

DAG 22

Plaas rottangmandjies onder die trappe. Of hou een in die hoek van die sitkamer waarin jy verdwaalde artikels kan bêre wat eintlik op ander plekke hoort. Pak die artikels elke paar dae op hul regte plekke.

 

DAG 23

Hang ’n toerygsak agter jou badkamerdeur waarin jy al jou ekstra toiletware kan bêre.

 

DAG 24

Gebruik rakke in die badkamer. Benut oop muurspasie bokant die toilet en die deur vir ’n handdoekrak.

 

DAG 25

Maak die bad netjies deur waslappe en loefas aan ’n ry hake op te hang. Gebruik slegs een bottel sjampoe en opknapper en een bottel bad- of stortjel op ’n slag. Vervang dit

slegs wanneer dit op is.

 

DAG 26

Wenkbroutangetjies en naelknippers van metaal kan teen ’n magnetiese strook in die badkamerkassie gebêre word.

 

DAG 27

Skep ’n nuwe wasgoedroetine. Gee vir elke gesinslid ’n mandjie sodat hulle hul eie skoon klere na hul kamers kan neem en dit kan wegpak sodra dit droog en gestryk is.

 

DAG 28

Raak ontslae van nuttelose skryfbehoeftes. Orden jou werkruimte. Raak ontslae van stomp skerpmakers en penne en gom wat opgedroog het.

 

DAG 29

Druk jou foto’s uit. Die kans is goed dat jy lanklaas harde kopieë van jou foto’s laat maak het. Begin ’n projek om daardie spesiale herinneringe te organiseer. Gaan deur jou digitale fotoversameling en omskep jou gunstelinge in fotoboeke. (Probeer www. ormsprintroom.co.za.) Stoor jou digitale foto’s op ’n hardeskyf of aanlyn. (Probeer Microsoft se OneDrive.)

 

DAG 30

Plaas ’n inmandjie op ’n tafel in jou voorportaal of kombuis waarin kinders se skoolkennisgewings, rekeninge en pos geplaas kan word. ’n Regop tydskrifhouer neem minder ruimte as ’n tradisionele inmandjie in beslag.

 

DAG 31

Rig ’n geskenkelaai in met kaartjies, lint, geskenkpapier, kleeflint en ’n skêr. Hou altyd staatmaker-geskenkies soos seep en handeroom, asook klein geskenke vir kinders daarin.

The post Jou maand van orde skep appeared first on Goeie Huishouding.

Die maklikste manier om ’n gebrande pot skoon te maak

$
0
0
cleaning pot

 

Ons het dit beslis al almal gedoen: ’n pot op die stoof gesit en met iets anders besig geraak en daarvan vergeet, totdat ’n nare, skerp reuk ons daaraan herinner het dat daar iets op die stoof brand. Die resultaat is nie net ’n geruïneerde maaltyd nie, maar ’n swartgebrande pot wat skynbaar onmoontlik is om skoon te kry.

Moenie stres nie! Dié eenvoudige truuk maak dit so maklik en eenvoudig om gebrande kos te verwyder dat jy sal wonder hoekom jy nog nie voorheen daarvan gehoor het nie.

Lees ook: Hoe om smerige oondrakke skoon te maak

WAT JY NODIG HET:

Asyn, water, skottelgoedseep en ’n kombuissponsie.

HOE OM DIT TE DOEN:

STAP EEN: Meng gelyke hoeveelhede asyn en water sodat die bodem van die pot en die gebrande deel (as dit aan die kante van die pot ook is) bedek is.

STAP TWEE: Stel jou stoofplaat op matige hitte, plaas die pot op die warm plaat en verhit dit liggies. Moet dit nie laat kook nie.

Lees ook: Hou só jou mikrogolfoond silwerskoon

STAP DRIE: Terwyl die water-en-asynmengsel warm word, roer en skraap die bodem liggies met ’n houtlepel of spatel. Sien jy hoe maklik die swartgebrande kos van die bodem van die pot af lig? Hou aan om dit te doen totdat die meeste van die gebrande stukkies sag geraak het en loskom.

STAP VIER: Verwyer die pot en spoel dit uit. Voeg nou gewone skottelgoedseep by en vryf die oorblywende swart merke met ’n kombuissponsie af.

STAP VYF: Spoel dit ’n laaste keer uit en daar het jy dit: glimmende vlekvrye staal wat so goed soos nuut lyk!

The post Die maklikste manier om ’n gebrande pot skoon te maak appeared first on Goeie Huishouding.

Maak jou eie oondreiniger met 3 bestanddele

$
0
0
african woman cleaning stove in the modern kitchen

Ons is dol oor hierdie verspot maklike resep vir ’n tuisgemaakte, natuurlike oondreiniger. Die beste deel is dat jy net drie bestanddele nodig het, en jy het dit alles waarskynlik reeds in jou kombuis.

Kyk hierdie video en voor jy weet sal jy lus wees om jou oond te takel!

Hoe maklik is dit? Al wat jy nodig het, is ’n paar lemoene, asyn en koeksoda. Gooi die lemoenskille in ’n fles met asyn, los dit vir vyf dae en wanneer jy gereed is om skoon te maak, meng koeksoda met jou tuisgemaakte mengsel op die oond se oppervlak.

Hoe langer jy die mengsel op die oppervlak los, hoe doeltreffender sal dit wees. Volgens Hometalk, die skeppers van die video, is die asyn-en-koeksodamengsel op sy eie doeltreffend, maar die lemoenskil laat dit fantasties ruik en hou miere weg (en jy kan net sowel ’n bietjie vars lemoensap uitdruk terwyl jy nou besig is!).

Jy kan die mengsel van asyn en lemoene op enige oppervlak gebruik en dan bloot die koeksoda byvoeg om hardnekkige vuilheid te takel.

The post Maak jou eie oondreiniger met 3 bestanddele appeared first on Goeie Huishouding.


21 skoonmaakprobleme waarvoor jy koeksoda kan gebruik

$
0
0
baking soda cleaning

Ja, natuurlik is dit noodsaaklik vir heerlike, taaierige sjokoladesplinterkoekies, maar koeksoda is veral bekend vir sy krag om baie dinge in jou huis te verfris en skoon te maak. Dis ’n uiters doeltreffende (maar sagwerkende) skuurmiddel en reukweermiddel en is dus nuttig op allerhande moeilike plekke. Dit alles is goeie redes om jou voorraad sommer nou aan te vul.

1. Gevlekte en onwelriekende plastiekkoshouers

Oorskiet het ’n manier om ’n reukie te laat. Om jou houers te verfris, vee dit uit met ’n skoon spons waarop koeksoda gesprinkel is. Of verwyder hardnekkige vlekke deur dit in ’n oplossing van vier eetlepels koeksoda en 950 ml warm water te laat week.

2. ’n Yskas met ’n klankie

Kan jy nie ontslae raak van die reuk van ’n sterk kaas in jou yskas nie? Koeksoda sal sterk kosreuke absorbeer sodat dit nie sleg ruik of die smaak van ander kos in die yskas sal beïnvloed nie.

LEES OOK: 6 skoonheidsgebruike vir koeksoda wat jy moet probeer

3. Onafgespoelde vrugte en groente

Koeksoda wat met water gemeng is, kan vuiligheid en die waslagie op vrugte en groente verwyder.

4. ’n Vuil kombuis

So te sê enige vuil plek in jou kombuis kan baat vind by ’n koeksodabehandeling. Meng dit met water om toonbanke, vlekvryestaalwasbakke, mikrogolfoonde en kombuisgereedskap skoon te maak.

5. Ekstravuil bakke en panne

Raak van vasgebrande kos ontslae deur jou skottelgoedwaspoeier ekstra skop met koeksoda te gee.

6. Sponse met ’n muf reuk

Week hierdie kombuisstaatmakers in koeksoda en water om dit op te fris sodat jy dit ’n bietjie langer kan gebruik.

7. Muwwerige bekleedsel en matte

Verfris die sagte, snoesige plekke in jou huis deur koeksoda op oppervlakke te sprinkel, dit vir 15 minute te los en dit dan met ’n stofsuier op te suig.

8. ’n Stinkerige troeteldierbed

Dieselfde geld Wagter se gunsteling-lêplek! Sprinkel, wag 15 minute en stofsuig.

9. Vuil speelgoed

Beveg die gevolge van jou kinders se vuil handjies op ’n natuurlike manier deur dit af te vee met ’n spons wat in ’n oplossing van koeksoda en water gedoop is.

10. ’n Krytbesmeerde muur

En wanneer jou kinders se kuns opeindig op die muur wat jy so pas oorgeverf het, skrop dit liggies met ’n klam spons wat met koeksoda besprinkel is.

11. Stowwerige opgestopte speelgoed

Hierdie stofversamelaars sal makliker skoonmaak as jy dit in ’n groot plastieksak gooi saam met ’n koppie koeksoda. Bind die bopunt van die sak toe, neem dit buitetoe en skud goed. Die koeksoda sal help om grond en stof uit te trek. Nadat jy dit uit die sak gehaal het, stofsuig alles.

12. Vaal wasgoed

Wit en gekleurde wasgoed sal albei helderder uit jou wasmasjien kom as jy ’n koppie koeksoda by jou bondel wasgoed voeg. Wanneer dit met vloeibare wasmiddel gemeng word, help dit om die pH-vlakke te balanseer om die klere skoner te kry.

13. ’n Muwwerige badkamer

Skrob jou bad, teëls, wasbak en stortgordyn met ’n klam spons en koeksoda. Spoel af om glimmende oppervlakke te onthul.

LEES OOK: Raak ontslae van muf tussen teëls

14. ’n Verstopte drein

Maak ’n verstopte drein skoon deur ’n ½ koppie koeksoda daarin af te gooi, gevolg deur ½ koppie asyn. Bedek met ’n nat lap om die wetenskap-skou-effek (onthou jy nog daardie selfgemaakte vulkane?) in bedwang te hou. Wag vyf minute en spoel met warm water af.

15. Tekkies met ’n reuk

Verfris jou tekkies ná jou Zumba-klas deur koeksoda binne-in te sprinkel (en sommer in jou gimsak ook, terwyl jy nou besig is). Skud dit net uit voordat jy dit weer dra.

16. Onwelriekende vullisdromme

Gooi ’n bietjie koeksoda onderin jou drom om die reuk te laat verdwyn.

17. ’n Olievlek op die motorhuis se vloer

Is daar ’n kol op die sementvloer? Gooi ’n bietjie koeksoda daarop en skrop met ’n nat borsel om dit te laat verdwyn.

18. ’n Morsige rooster

Raak van die hele somer se braaigemors ontslae deur ’n bietjie koeksoda op jou roosterborsel te sprinkel voordat jy begin skrop.

19. Vuil patiomeubels

Voordat jy jou patiostoele vir die somer uithaal, vee dit af met ’n mengsel van koeksoda en water. En voordat jy dit aan die einde van die somer wegpak, plaas koeksoda onder die kussings of in die bêresakke om dit vars te hou.

20. ’n Muwwerige linnekas

Net soos in die yskas, kan ’n oop boks koeksoda naby jou lakens en handdoeke ’n muwwerige reuk beveg.

21. Dowwe juweliersware

Wanneer jou sterlingsilwer nie meer blink nie, maak ’n pasta (drie dele koeksoda en een deel water) en wend dit met ’n pluisvrye lap (nie ’n papierhanddoek nie, want dit kan krap) aan en spoel af.

Van: www.prima.co.uk

The post 21 skoonmaakprobleme waarvoor jy koeksoda kan gebruik appeared first on Goeie Huishouding.

8 goed wat jy net een keer ’n jaar hoef skoon te maak

$
0
0
garage

1. Vee die buitekant van jou vensters af.

Hierdie taak is basies dieselfde as wanneer jy dit aan die binnekant doen – net soms hoër. As jy dit dus nie kan (of wil!) bykom nie, sê Carolyn Forte, die direkteur van die skoonmaaklaboratorium in die Good Housekeeping Institute,  jy kan ’n kenner kry om te help. Gebruik andersins ’n borsel (of ’n handstofsuier as dit baie vuil is) om vuiligheid rondom die raam af te vee, en gebruik dan ’n sproeireiniger en pluisvrye lap om horisontaal te vee totdat dit droog is.

2. Was jou gordyne en drapeersels.

Die materiaal versamel gedurende die jaar stof. Jy kan dit in jou wasmasjien was of dit na jou naaste droogskoonmaker neem. Maar Forte sê daar is een uitsondering: “Valletjies wat aan borde geheg is, kan gewoonlik net gestofsuig word.” Om dit te doen, gebruik ’n trapleertjie en ’n handstofsuier en werk van bo na onder om die stof op te suig.

LEES OOK: 3 stappe om jou waskamer reg te ruk

3. Stofsuig jou kaggel.

Sodra die koue weer verby is, gebruik ’n industriële stofsuier om die as op te suig en gebruik dan klam handdoekpapier om die res skoon te vee. Vir die skoorsteen sal jy hulp nodig hê, sê Forte: “Jy kan die kaggel en die vuurherd en omliggende gedeeltes stofsuig, maar die skoorsteen moet jaarliks deur ’n kenner skoongemaak en ondersoek word.”

4. Maak gestoffeerde meubels goed skoon.

Dis altyd ’n goeie idee om jou rusbank en ander meubels gedurende die jaar skoon te maak as jy iets daarop mors, maar Forte beveel nie aan dat jy die jaarlikse skoonmaak alleen aanpak nie. “Dis die beste om ’n kenner hiervoor in te kry omdat dit nie iets is wat ’n huiseienaar maklik op hul eie kan doen nie,” sê sy.

5. Maak jou motorhuis skoon.

As jy soos ons is, is jou motorhuis waar alles ingeprop word wanneer daar nêrens anders is om dit te sit nie, en dit is hoekom Forte aanbeveel dat jy elke jaar tyd maak om te kyk na wat jy bymekaar gemaak het en wat jy nie meer nodig het nie.

6. Stofsuig rondom lugopeninge.

Dit is nou verhittingsbuise en lugversorgingsopeninge. Forte beveel aan dat jy die sagte borsel (die een met die borselhare) op jou stofsuier gebruik en sê jy moet dit oor die hortjies beweeg om te keer dat stof heeljaar lank deur jou huis blaas.

7. Diepreinig jou matte.

Volgens Forte is dit nie jou gemiddelde stofsuigsessie nie. “Die huiseienaar kan dit met ’n gehuurde of gekoopte matskoonmaker doen, maar dis ’n goeie idee om elke 12 tot 18 maande ’n professionele skoonmaker te kry, wat doeltreffender is.”

8. Maak jou geute leeg

As jou geute vol blare gestop is, sal dit nie water dreineer soos dit ontwerp is om te doen nie. Voel jy avontuurlustig? “My man klim op ons dak om ons geute skoon te maak,” sê Forte. Maar sy erken die meeste huiseienaars wat sy ken huur ’n diens om hierdie vertikaal uitdagende taak te verrig.

Van: Woman’s Day

The post 8 goed wat jy net een keer ’n jaar hoef skoon te maak appeared first on Goeie Huishouding.

’n Menswaardige loon vir jou huishulp

$
0
0
Close-up Of Businessman Hands Giving Cheque To Other Person In Office

Dis onteenseglik so dat dit ons daaglikse lewe soveel makliker kan maak om iemand te hê wat in die huis help. Of jy nou iemand in diens neem om jou huis te help skoon en netjies hou, in die tuin te werk of na jou kinders te help kyk, ’n ekstra paar hande kan ’n groot verskil maak. Maar hoe weet jy of wat jy die mense betaal wat in jou huis werk as ’n billike, menswaardige loon beskou kan word?

Die slim aanlyn Suid-Afrikaanse Living Wage-berekenaar kan help. Al wat jy moet doen, is om in te vul wat jy jou huishulp per dag of per maand betaal en die berekenaar sal vir jou sê watter persentasie van ’n geprojekteerde menswaardige loon jy help om te dek. Anders as minimum loonbedrae, wat die minimum wetlike bedrae is wat ’n werkgewer iemand vir dienste mag betaal, veral in kwesbare sektore, neem die voorgestelde menswaardige loon faktore soos kos, vervoer en elektrisiteitskoste in ag en is daarom hoër (en ons dink billiker) as die minimum lone wat jaarliks deur die Departement van Arbeid uiteengesit word.

Met die lewenskoste in Suid-Afrika wat voortdurend styg, kan dit wees dat die loon wat jy jou huishulp betaal nie meer strook met wat as ’n menswaardige loon beskou word nie. Met hierdie maklike aanlyn loonberekenaar kan jy weet en gerus wees dat die mense wat jou in jou huis help billik betaal word vir die werk wat hulle doen.

Die Living Wage-berekenaar is geformuleer deur Code For South Africa, ’n burgerliktegnologielaboratorium sonder winsbejag wat data en tegnologie gebruik om ingeligte besluitneming te bevorder om maatskaplike verandering aan te help.

The post ’n Menswaardige loon vir jou huishulp appeared first on Goeie Huishouding.

5 noodsaaklike huishoudelike skoonmaakprodukte

$
0
0
vinegar

Dié reinigingsupersterre het die toets van tyd deurstaan. Gebruik hierdie basiese produkte om jou huis silwerskoon te hou:

1. ASYN

• Raak ontslae van skimmel en muf (spuit dit op klein oppervlakke).

• Verwyder reuke uit sponse – laat dit vir 5 minute week en spoel dan uit.

• Verwyder roes van skroewe en skêre. Laat dit oornag week.

2. KOEKSODA

• Maak baddens en wasbakke skoon sonder om dit te krap.

• Laat ’n onwelriekende hond lekker ruik – vryf dit in sy pels en borsel dit dan uit.

• Verfris meubels: Sprinkel dit op, vryf dit in, los dit vir ’n rukkie en stofsuig dit.

3. ONTSMETTINGSALKOHOL

• Maak vensters en vlekvrye staal skoon en blink.

• Verwyder oorblywende kleefmiddel van pleisters en kleefband.

• Maak ’n rekenaartoetsbord skoon.

4. SOUT

• Skrop koffie- en teevlekke uit bekers en koppies.

• Maak troeteldiere se kosbakkies skoon (sonder om enige seepoorblyfsels agter te laat).

• Suig vleissous/wyn/slaaisous uit ’n tafeldoek op.

5. WATERSTOFPEROKSIED

• Verwyder skimmel van plaveisel.

• Ontsmet tandeborsels. Spoel ná die tyd goed af.

• Maak vlekke op ’n vleisplank ligter; spoel goed af.

LEES OOK

10 ongewone wenke met asyn

12 skoonmaakprobleme waarvoor jy koeksoda kan gebruik

11 slim gebruike vir Engelse sout

 

The post 5 noodsaaklike huishoudelike skoonmaakprodukte appeared first on Goeie Huishouding.

Viewing all 52 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>